Infromasie

 

  Die oord het ontstaan gedeurende 1980 en is gestig deur Oom Koos en Ant Marie Van Wyk en

  oorledene Tant Marra Botha.  Saam het hulle harde werk en spanpogings het hulle vele probleme

  ondervind a.g.v. die helling van die terrein en daarom is daar besluit om alles in terasse te ontskep.

 

  Die oord val binne die “dome wereld bewarings gebied”.  Die oord is gerieflik gelee tussen parys  en

  Vanderbijl Park.  Parys het ‘n ryk historiese agtergrond in terme van antieke winkels en eet plekke. 

 

  Die oord is in ‘n veilige gebied en word beskerm deur kring televisie en 24 uur patrollies.

 

  Die oord beskik oor ‘n snoep winkel wat hengel gery en vars voorraad voorsien sowel as pretighede

  vir kinders. 

 

  Daar is ‘n ryke voel lewe en ‘n voelbesigtigings paradys met spesies van 6 vis arende en uilie asook

  vele meer.

 

  Die naam “Van Bo” was oorspronklik gestig uit ‘n mengsel van 2 familiename nl. Van Wyk en Botha

  “VAN BO”. 

 

  Die huidige eienaars is tans Andries en Louise Grove en hulle besit die oord al vir die laaste 8 jaar. 

  Die oord het wel ook ‘n egte plaas voorkoms met koeie, perde, hoenders ens. 

 

 

Loer gerus in vir verdere navrae.

 

Designed by Charl Langhout